Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gekant teen afskryf van waterskuld in NMBM

Die VF Plus het nie die voorstel van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) gesteun vir die afskryf van R2,69 miljard se waterverwante skuld nie. Dié skuld dateer vanaf 1 Mei 2021.

Die metro het in die 2023/2024-boekjaar waterverliese van 48.66% gely, wat die behoefte aan infrastruktuuropgradering en effektiewe bestuur beklemtoon.

Die voorstel om skuld af te skryf vir eiendomme met waardes tot en met R550,000 verhoog die las op getroue belastingbetalers en ondermyn fiskale stabiliteit.

ʼn Bystand aan die Armes (ATTP)-program bestaan om lae-inkomste huishoudings te steun. Daar kan egter nie ʼn algemene skuldvergiffenis gegee word nie.

Die VF Plus erken die belangrikheid daarvan om kwesbare gemeenskappe te steun, maar dit mag nie ten koste van veral middelklas-inwoners wees wat die melkkoeie van die metro is nie.

Die VF Plus stel voor dat daar eerder gefokus word op die herstel van waterinfrastruktuur, die  bekamping van waterdiefstal en ʼn doeltreffende invorderingsstrategie voordat tot hierdie drastiese stap oorgegaan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.