Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se skuldkrisis vererger

Die Ekurhuleni-metro se toenemende finansiële wanbestuur blyk duidelik uit die finansiële verslag vir die derde kwartaal vir die 2024/25-boekjaar.

Luidens dié verslag beloop die metro se verbruikerskuld wat meer as 90 dae agterstallig is, R30,9 miljard.

Huishoudings in gebiede wat hul krag direk van Eskom verkry, toon ʼn besondere lae invorderingskoers van 27,15% vir dienste wat hulle van die metro ontvang. Dit beslaan meer as ʼn derde van die metro se totale skuld.

Hierdie is ’n tydbom wat wag om te ontplof. Wetsgehoorsame inwoners wat hul rekeninge betaal, word gestraf vir die metro se onvermoë om verantwoording af te dwing waar dit die nodigste is.

Die VF Plus het die volgende sleutelaangeleenthede in die verslag uitgewys:

  • Meer as R30,9 miljard in uitstaande verbruikerskuld, met minimale pogings om dit in te vorder.
  • Die metro ontvang R10,66 miljard in toelaes, maar bestee slegs 85,56%. R1,5 miljard bly onbenut terwyl dienslewering faal.
  • Slegs 137 poste is in ’n hele kwartaal geskep deur openbare werksprogramme – ʼn skande in ʼn streek met ʼn hoё werkloosheidskoers.
  • Die metro se skuld aan krediteure is R6,36 miljard waarvan R3 miljard aan Eskom geskuld word. Daar is ook  toenemende druk van Randwater om agterstallige skuld te betaal.
  • Onwettige aansluitings, faktureringsfoute en wanbestuur bly Ekurhuleni se inkomsteherwinning kniehalter.

Die VF Plus eis die volgende optrede om die metro se finansiële situasie te verbeter:

  • Die afdwinging van behoorlike kredietbeheer, veral in gebiede wat hul krag van Eskom kry.
  • Openbare aanspreeklikheid van departemente wat nie hul begrotings bestee nie.
  • Regte werkskeppingsprogramme, nie bloot afmerk-inisiatiewe nie.
  • Vinnige optrede om die metro se finansiële posisie te stabiliseer en betalende inwoners te beskerm.

Die VF Plus is van mening dat Ekurhuleni nie ’n tekort aan fondse het nie, maar eerder ʼn tekort aan politieke wil ondervind.

Die party bly verbind tot deursigtigheid, billikheid en behoorlike dienslewering vir alle inwoners van Ekurhuleni.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.