fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan vra dat ondersoek bespoedig word na Mkhwebane se bevoegdheid as Openbare Beskermer (OB)

Die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, is veronderstel om vertroue by die publiek te wek juis omdat dié kantoor gesien word as ‘n instelling waarheen die publiek hom kan wend as daar ‘n vermoede bestaan dat belastinggeld wanaangewend word.

Die huidige OB, Busisiwe Mkhwebane, wek nie hierdie vertroue nie en soms word die indruk gewek dat haar kantoor misbruik kan word in belang van interne faksiegevegte in die ANC en die VF Plus gaan vra dat die parlement se portefeuljekomitee oor justisie se ondersoek na haar bevoegdheid bespoedig word.

Mkhwebane se optrede, waar sy deurlopend uitsprake maak oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en volgens aanduidings jag maak op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, skep die indruk dat sy nie werklik objektief is nie, en dat sy moontlik gevoer word met vals inligting vanaf sekere komponente in die veiligheidskringe.

Aangaande die sogenaamde “rogue unit”, ‘n hoërisiko-ondersoekeenheid wat onder Gordhan by die SAID gestig is om sekere spesialis-ondersoeke te doen, het regter Robert Nugent in sy ondersoek verlede jaar reeds bevind die eenheid is wettig bedryf.

Dit is beaam deur die vorige OB, adv. Thuli Madonsela, asook die Valke en die nasionale vervolgingsgesag wat die aangeleentheid in opdrag van Madonsela ondersoek het en nie ongerymdhede kon vind met die stigting of werksaamhede van die eenheid nie.

Teen hierdie agtergrond moet die vraag gevra word of Mkhwebane bevoeg is vir haar pos. Haar versoek dat stappe geneem word teen mense soos Gordhan wat in haar verslag van wanpraktyke beskuldig word al is gevra dat haar bevindings op hersiening geneem word, is ‘n duidelike aanduiding van haar oënskynlike onkunde.

Enige persoon met basiese regskennis sal weet daar kan nie uitvoering gegee word aan ‘n bevinding wanneer ‘n saak op hersiening geneem word nie.

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat belastinggeld op hierdie wyse verkwis word deur interne faksiegevegte binne die ANC en die VF Plus sal als in sy vermoë doen om dit tot ‘n einde te bring.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.