Die VF Plus het vandag vergader met die Gautengse LUR vir paaie en vervoer, mnr. Jacob Mamabola, oor die haglike toestand van paaie in die provinsie.
Die party het Mamabola daarop gewys dat meer slaggate, veral na swaar reën, op paaie vorm wat lei tot ongelukke en lewensverlies.
Die VF Plus is veral bekommerd oor die veiligheid van motorfietsryers wat van vervalle paaie in die provinsie gebruik maak, aangesien hulle bykans geen kans op oorlewing het indien hul motorfiets ‘n slaggat tref nie.
‘n Motorfietsryer (43) is Sondagoggend oorlede nadat sy motorfiets ‘n slaggat op die Lanseria-pad getref het.
Mamabola het onderneem om Saterdag kritieke paaie saam met die VF Plus te besoek. Hy het ‘n verslag oor die toestand van paaie in die provinsie aangevra en het onderneem om die situasie te monitor en daadwerklik op te tree.
Die motorfietsbedryf in Suid-Afrika lewer ‘n groot bydrae tot die ekonomie en speel ‘n aktiewe rol in die maatskaplike opheffing van gemeenskappe.
Die VF Plus en Mamabolo het ook die padveiligheids-bewusmakingsprojek in Gauteng bepreek en hy het die wens uitgespreek om meer motorfietsklubs by die inisiatief te betrek. ‘n Vergadering is reeds deur die departement gereël in die verband.
Owerhede, motoriste en motorfietsryers moet saamwerk in ‘n bewusmakingsveldtog wat alle padgebruikers se veiligheid op paaie sal verseker.
Kontaknommer: 071 604 9498