Inwoners van Petrus Steyn in die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (Arlington, Lindley, Petrus Steyn, Reitz) ondervind geweldige watervoorsieningsprobleme.
Dié munisipaliteit het etlike jare gelede met ‘n pypleiding-projek begin wat Petrus Steyn met Reitz sou verbind. Dit is nog nie voltooi nie en veroorsaak wisselvallige watertoevoer na die dorp.
Gegewe die Covid-19-pandemie is dit onaanvaarbaar dat inwoners van Petrus Steyn elke aand vanaf 18:00 geen water het nie.
Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, versoek dat sy departement die saak ondersoek en die nodige ondersteuning aan die munisipaliteit bied om verligting aan inwoners te bring.
Indien die LUR nie na wense reageer nie, sal die party die saak na die minister van water en sanitasie neem.
Die Grondwet bepaal Suid-Afrikaners het die reg tot voldoende watervoorsiening het en die VF Plus sal aanhou baklei vir die voorsiening van basiese menseregte.
Navrae: 076 629 6219


