Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ingryping in Brandfort-rioolprobleem

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Oupa Khoabane, versoek om dringend in te gryp en oplossings te vind vir die voortslepende rioolprobleme in Brandfort.

Moerasse rou-riool lê vir maande reeds in die veld van die Staatspresident Swart Skool op die dorp, ten spyte van talle klagtes van inwoners en die VF Plus-raadslid in die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit se gesprekke met die munisipale bestuur. (Foto’s onderaan verklaring)

Die riool wat ook deur die perseel van die gevangenisdiens op die dorp vloei, is ‘n ernstige gesondheidsgevaar vir inwoners.

Die voortslepende probleem word nie aangespreek nie en inwoners is die slagoffers van die ANC se apatie teenoor dienslewering.

Die departement moet dringend verantwoordelikheid neem en oplossings implementeer, aangesien Masilonyana steeds onder Artikel 139-administrasie deur die Vrystaatse regering is.

Die ANC het beheer oor Vrystaatse munisipaliteite verloor weens sy beleid om kaders te ontplooi in kritieke diensleweringsposte.

Die VF Plus slaan terug teen swak dienslewering. Inwoners van Masilonyana en die res van die provinsie het in 2019 ook die geleentheid om te stem vir ‘n party wat nie skroom om die ANC verantwoordelik te hou vir sy diensleweringsmislukkings nie.

Kontaknommer: 082 490 6663

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.