Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ernstige optrede teen taxi-bestuurders wat verkeersvoertuie aan die brand steek

Die VF Plus dring aan op dringende ingryping en optrede teen diegene wat vanoggend in Evander twee munisipale verkeersvoertuie aan die brand gesteek het in protes oor verkeersboetes.

Hierdie onwettige optrede kom neer op die ekonomiese sabotasie van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt).

Verkeer op ‘n besige roete het tot stilstand gekom en die roete tussen Gracelandstraat en die R546 op pad na Emba was vir etlike ure versper.

Die voorval het plaasgevind nadat munisipale verkeerspolisie na bewering verskeie minibus-taxi’s gestop en beboet het vir verkeersoortredings.

Taxi-bestuurders het na die toneel gehaas en die verkeerslede geïntimideer en ook die twee verkeersvoertuie aan die brand gesteek. Ooggetuies beweer dat skote ook afgevuur is.

Hierdie ernstige intimidasie van amptenare is onaanvaarbaar.

Die polisie in samewerking met privaat sekerheidsmaatskappye is op die toneel ontplooi om die situasie te monitor.

Die ekonomiese skade wat aangerig word deur hierdie onwettige optrede is enorm. Alle sektore word nadelig geraak.

Die ANC-regering en wetstoepassingsowerhede moet ophou om diegene wat telkens blatant onwettig optree en ekonomiese sabotasie pleeg, met handskoene te hanteer.

In hierdie geval word verskeie wette oortree en misdrywe gepleeg. Dit kan nie straffeloos gelaat word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.