fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende optrede oor stukkende rioolwerke in Hazyview

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die burgemeester van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, me. Sibongile Makushe-Mazibuko, geëis dat die rioolwerke in Hazyview, dringend ondersoek en herstel moet word.

Dit volg nadat daar tydens ‘n oorsigbesoek bevind is dat die rioolwerke reeds vir sowat sewe maande buite werking is.

Die munisipaliteit bedien onder meer Mbombela/Nelspruit, Witrivier, Hazyview, Kaapsehoop en Barberton.

Die traagheid om met herstelwerk aan die pompe te begin, veroorsaak dat groot hoeveelhede riool deur ‘n gewilde plaaslike toeristeoord vloei. Van hier af stroom dit die Sabierivier binne en dan word dan weer uitgepomp as drinkwater vir die dorp.

Die VF Plus het die afgelope paar maande verskeie klagte aan me. Makushe-Mazibuko gerig sonder enige aksie vanaf die munisipaliteit.

Die party het nou ‘n finale ultimatum gestel dat ‘n strafregtelike klag ingedien sal word indien daar nie binne die volgende week opgetree word nie.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir ‘n beter lewensgehalte vir alle inwoners van Mbombela en sal aanhou druk toepas dat die munisipaliteit sy verantwoordelikhede nakom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.