Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende optrede oor bruin water in Matjhabeng

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, mnr. Thabo Panyane, geëis dat die gehalte en veiligheid van die bruin water wat uit inwoners se krane loop, dringend ondersoek moet word.

Matjhabeng bedien Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom.

Talle inwoners het die party genader oor die water se bruin kleur en onaangename reuk.

Die VF Plus betwyfel die munisipaliteit se verduideliking dat die probleem te wyte is aan gebarste pype wat herstel is en grond wat die watertoevoerstelsel sodoende binnedring.

Die munisipaliteit beweer watermonsters is reeds vir toetsing gestuur, maar geen resultate is tot dusver aan die raad of die publiek bekend gemaak nie.

Die VF Plus is ook bekommerd oor waarskuwings die afgelope tyd van E. Coli in die Allanridge-waterstelsel.

Dit is belangrik dat die waterkrisiskomitee wat in 2024 gestig is, sy werk begin doen en amptenare verantwoordelik hou vir die swak gehalte van water in Matjhabeng.

Die VF Plus eis ook dat die munisipaliteit se infrastruktuurkomitee ’n volledige voorlegging oor die gehalte van Matjhabeng se water en infrastruktuur ontvang en dat konkrete oplossings voorgestel word.

Die ANC se versuim om die waterinfrastruktuur oor jare behoorlik in stand te hou, is ‘n groot bydraende faktor tot hierdie krisis.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir ‘n beter lewensgehalte vir alle inwoners van Matjhabeng en sal aanhou druk plaas dat die munisipaliteit sy verantwoordelikhede nakom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.