Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde na tweede uitbraak van katgriep by Roodeplaat se honde-eenheid

Die nalatigheid van die Roodeplaat-honde-eenheid om toe te sien dat diere in sy sorg gereeld ingeënt word teen die dodelike en hoogs aansteeklike parvovirus, meer bekend as katgriep, is onverskoonbaar.

Hierdie is die tweede uitbraak van die siekte binne ‘n jaar by die eenheid en dit word glo aan ‘n tekort aan entstof toegeskryf. Noodsaaklike toerusting wat nie behoorlik funksioneer nie, bemoeilik ook die behandeling van die diere.

Die VF Plus bevraagteken die eenheid se teelprogram weens die oormatige aantelingprosesse (inteling) wat gevolg word.

Die party gaan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) vra om die eenheid te besoek en voor te stel hoe om die telingsproses en die algemene versorging van die honde te verbeter.

Die Suid-Afrikaanse Veterinêre-raad sal ook versoek word om die Roodeplaat-honde-eenheid te ondersteun en voorleggings te doen om seker te maak dat voorgeskrewe prosedures gevolg word.

Die VF Plus sal eersdaags ‘n oorsigbesoek aan die eenheid bring om probleme rondom die eenheid te bespreek.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.