Die VF Plus verwelkom die poging wat aangewend word om die gehawende Eiland-pad in die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit te herstel.
Aanhoudende kommunikasie vir ’n jaar en drie maande met Limpopo se padagentskap (RAL) het daartoe gelei dat die Eiland-pad P 43/3 vanaf Letsitele nou welverdiende aandag geniet.
Die party het sedert Maart 2022 gereeld met RAL geskakel om vordering met herstelwerkplanne/projekte te monitor.
Die VF Plus sal aanhou veg vir motoriste se reg om op veilige paaie sonder slaggate te ry en sal die vordering van die herstelwerk deurgaans monitor.