fbpx
Vryheidsfront Plus

OB-bevinding oor Phala Phala beteken nie president is nie strafregtelik aanspreeklik

Die feit dat die waarnemende openbare beskermer (OB), adv. Kholeka Gcaleka, bevind het pres. Cyril Ramaphosa het geen etiese kode rondom sy amp oortree met die Phala Phala-aangeleentheid nie, beteken nie dat hy nie ’n strafregtelike oortreding begaan het nie.

Die OB se uitgangspunt was dat die president geen staatsfondse gebruik of misbruik het nie.

Sy sê wel dat genl.maj. Wally Rhoode, hoof van die presidensiële beskermingsdienste, verkeerd opgetree het deur die saak te ondersoek. Sy beveel ook aan dat teen hom opgetree word.

Die OB antwoord nie die vraag oor die valuta wat in die president se huis gevind is nie en daar is geen verwysing na voorskriftelike finansiële wetgewing wat nagekom moes gewees het nie.

Dit sou daarom verkeerd wees om die indruk te probeer wek dat president Ramaphosa niks verkeerd gedoen het wat Phala Phala aanbetref nie.

Daar word steeds gewag op die uitslag van die polisie se strafregtelike ondersoek. Tot dan is die saak geensins afgehandel nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.