Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op onafhanklike ondersoek ná ernstige aanranding by skoolgeselligheid

Die VF Plus in KwaZulu-Natal het gevra vir ʼn onafhanklike ondersoek nadat ʼn leerling van ʼn skool in uMhlathuze na bewering ernstig aangerand is by ʼn nauurse skoolgeselligheid.

Volgens inligting tot die party se beskikking het die leerder ernstige beserings opgedoen en word tans in ‘n hospitaal se intensiewe sorgeenheid behandel.

Daar bestaan verder bewerings dat die skool se optrede nie die dringendheid en erns van die situasie weerspieël nie. Die VF Plus verneem dat die vermeende aanranders steeds aan sosiale skoolbedrywighede deelneem en dat hulle steeds ander leerders viktimiseer.

Die VF Plus het reeds ’n formele skriftelike versoek gerig aan die LUR vir onderwys, mnr. Sipho Hlomuka, asook aan die betrokke distrik vir ’n volledige en onafhanklike ondersoek.

Hierdie ondersoek moet onder meer vasstel:
• Wat presies tot die leerder se ernstige beserings gelei het;
• Of die skool se hantering van die voorval voldoende en verantwoordbaar was;
• Watter voorkomende maatreëls tans in plek is om soortgelyke voorvalle te voorkom;
• Of toepaslike beleide, toesighoudende personeel en waarnemingstoerusting bestaan en of dit korrek toegepas is ten tyde van die voorval.

Afknouery en geweld in skole kan nooit genormaliseer of geïgnoreer word nie.

Dit is die kiem van ’n gewelddadige samelewing en moet daadwerklik en sonder versuim aangespreek word. Die veiligheid en beskerming van leerders moet altyd eerste kom.

Die VF Plus sal hierdie saak noukeurig monitor en is bereid om verdere optrede te oorweeg indien dit nodig sou wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.