Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Toerismesektor neem self verantwoordelikheid soos vertroue in SA Toerisme afneem: Nog ’n argument ten gunste van minder staatsbeheer

Dit blyk dat die private toerismesektor toenemend selfversorgend wil raak en sy eie sake behartig soos wat die bevoegdheid van die staat afneem om sy rol na behore te vervul.

Die uitvoerende hoof van die Toerisme Besigheidsraad van Suid Afrika (TBCSA), mnr. Tshifhiwa Tshivhengwa, het onlangs in ’n mediaonderhoud (The Daily Tourism Update) genoem dat die raad reeds baie werksaamhede oorneem van SA Toerisme (SAT).

Dit word gedoen weens die toenemende onbevoegdheid van SAT.

Hy sê die raad sal pligte wat SAT veronderstel was om uit te voer, in die toekoms eerder self doen met die 1% toerisme-bemarkingsheffing wat sedert September 2025 nie meer aan die beleërde SAT oorbetaal word nie.

Die goed georganiseerde en professionele toerismesektor beskik tans oor meer as ‘n halwe miljard rand van Toerismebemarking SA (TOMSA) om aan te wend vir internasionale toerismebemakingsgeleenthede, gesamentlike bemakingsooreenkomste en die teiken van sleutel-toerismemarkte.

Dit is wesenlik die werk wat SAT veronderstel is om te doen.

SAT was onlangs in die nuus toe sy uitvoerende raad afgedank is, sy hoofbemarkingsbeampte, Thembisile Senhloho, se dienste opgeskort is en ook sy operasionele hoof, mnr. Darryl Erasmus, bedank het.

Uit navrae het dit geblyk dat daar steeds grootskaalse inmenging en ongerymdhede by SAT plaasvind vanaf die kantoor van die minister van toerisme, me. Patricia De Lille haar departement.

Dit is duidelik dat owerheidsinmenging en staatsbeheerde bemarkingsorganisasies nie tot voordeel van die toerismesektor strek nie.

Mnr. David Frost, uitvoerende hoof van die Suid Afrikaanse Toerisme-dienstevereniging (SATSA) het in dieselfde mediaonderhoud genoem dat dié vereniging tot dusver met SAT probeer saamwerk het, maar nie meer bereid is om dit te doen nie.

Die VF Plus verwelkom hierdie stap aangesien die Suid Afrikaanse toerismesektor goed ontwikkel is en homself tot ’n groot mate beter kan bestuur en bemark as wat die departement of die staat se bemarkingsliggaam SAT dit kan doen.

Dit is wel jammer dat ontluikende rolspelers in die toerisme agtergelaat gaan word weens die onsuksesvolle en onnodige inmenging van die staat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.