Ten spyte van die feit dat die JB Marks-munisipaliteit onder administrasie geplaas is, bly die bestuur steeds ooglopend in gebreke om gevolgbestuur toe te pas, sonder gevolge vir personeel of bestuur.
Daar is talle voorbeelde van swak dienslewering soos die gebrek aan diens deur die altesame 137 werkers wat verantwoordelik is vir die skoonmaak van die trimpark, Promosa, Ikageng en ander uitbreidings in Ventersdorp.
Met die eerste aanblik van hierdie gebiede kan een van twee afleidings gemaak word; of dat die projekte totaal onbehoorlik bestuur word, of dat die skoonmaakspanne glad nie hul werk doen nie; ten koste van die belastingbetalers.
Dit is van die grootste belang dat die munisipaliteit ‘n omgewing skep wat beleggings lok en wat nie nadelig is vir die veiligheid en gesondheid van die inwoners nie.
Departementele bestuurshoofde moet hul pligte uitvoer en toesien dat werknemers hul kontraktuele verantwoordelikhede nakom. Hulle moet ook toesien dat daar gevolge is indien werknemers nie hul pligte nakom nie.
Die VF Plus sal nie net toekyk dat werknemers hul pligte versaak en daarmee wegkom ten koste van die bestaan en uitbreiding van die stad nie.
Kontaknommer: 082 848 5528