fbpx
Vryheidsfront Plus

Toerisme-misdaad deel van Suid-Afrika se groter misdaad-probleem

Dit is skokkend dat die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, aanvalle en moord op toeriste na Suid-Afrika probeer afmaak as ‘enkele geïsoleerde voorvalle’ en dit is ewe skokkend dat die ministerie van toerisme nou planne moet beraam om dit hok te slaan terwyl misdaad ‘n aangeleentheid vir die polisie is.

Luidens mediaberigte was daar tot dusver vanjaar reeds veertien misdaadverwante-aanvalle net op Tafelberg. In die laaste jare was daar vele voorvalle waar mense beseer en gedood is.

In die jongste voorval is ‘n man van Oekraïne, Ivan Ivanov, verlede week vermoor terwyl hy by die gewilde Oostelike Fort bo Chapman's Peakweg gestap het.

Die polisie moet antwoord oor sy onvermoë om misdaad in die algemeen te bekamp. Minister Kubayi-Ngubane bevestig die misdaadprobleem wat toeriste aanbetref deur te sê haar departement is besig om 'n “strategie te finaliseer” (EWN 5 Augustus 2019) wat hopelik in die komende weke van stapel gestuur sal word om toeriste te beveilig.

Dit is onverantwoordelik van die minister en die regering om misdaad af te maak as geïsoleerde voorvalle terwyl mense sterf.

In die Wes-Kaap is nou ‘n situasie waar die weermag die polisie moet help met misdaad op die Kaapse Vlakte terwyl die minister van toerisme oënskynlik misdaad in die land se parke moet bestry.

Misdaad in Suid-Afrika is ‘n groot en ernstige probleem. Geen aspek daarvan kan afgemaak word as geïsoleerde voorvalle wat Suid-Afrika onregverdiglik negatief in die buiteland skilder soos die minister voorgee nie.

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.