fbpx
Vryheidsfront Plus

Landelike veiligheid skiet tekort in die Vrystaat

Landelike veiligheid skiet ver tekort in die Vrystaat en ook in die res van die land. Daar word jag gemaak op boere wat ‘n onhoubare situasie vir landbouers en landbou-werknemers skep.

‘n Boer van Oranjeville in die Vrystaat, wat vroeg Maandagoggend aangeval is, is die nuutste slagoffer van die oorlog wat teen die land se boere gevoer word deur gewetenlose misdadigers. Die aanvallers, wat met die boer se Isuzu-bakkie gevlug het, is beseer en een is dood toe die bakkie omgeslaan het.

Landelike beveiliging moet prioriteit-aandag by die regering geniet. Dit is nie genoeg om bloot ná ‘n aanval te reageer wanneer dit gewoonlik te laat is nie. Behoorlike voorsorg moet getref word om hierdie aanvalle te voorkom of af te weer.

Die regstelsel moet daartoe toesien dat plaasaanvallers uit die gemeenskap verwyder word en strenger borgvoorwaardes moet ingestel word vir beskuldigdes van ernstige geweldsmisdade, soos plaasaanvalle en -moorde.

Grensbeheer, waar plase aan Lesotho in die Oos-Vrystaat grens, is van kardinale belang. Boere in hierdie gebiede is onder beleg. Dit is nie aanvaarbaar dat Suid-Afrikaanse burgers wat bedags sorg vir die volhoubaarheid van die land se voedselvoorsiening, snags vir hul lewens op hul eie plase moet veg nie.

Slegs 36 000 kommersiële boere moet voedsel voorsien vir nagenoeg 58 miljoen mense in uiters gevaarlike omstandighede. Dit is tyd dat die regering daadwerklike oplossings op die tafel plaas om hierdie aanslae op ons land se boere af te weer.

Kontaknommer: 083 743 2042

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.