Inwoners van Wyk 18 in Witbank gaan gebuk onder swak dienslewering. Op 11 November 2020 kry hulle egter die geleentheid om by die stembus ‘n verandering teweeg te bring.
Dit is daarom belangrik dat inwoners van dié wyk die komende naweek (3 en 4 Oktober 2020) moet seker maak of hul reg geregistreer is om in die tussenverkiesing te kan stem.
Kiesers kan by www.isekgeregistreer.co.za kyk of hulle in die wyk geregistreer is of kan dit doen deur hul ID-nommers na 34139 te SMS.
Registrasiepunte sal van 08:00 tot 17:00 oop wees vir inwoners om te registreer. Die registrasiepunte in die wyk is Reynorif Laerskool in Gasellaan, Reynorif asook by Spring Valley Laerskool.
Die aanvanklike tussenverkiesing sou op 18 Maart 2020 plaasgevind het, maar is uitgestel weens die Covid-19-pandemie.
Indien die VF Plus se kandidaat, mev. Sharon Schlachter, tot wykraadslid verkies word, sal die belange van kiesers in dié wyk en die gemeenskap in geheel beter verteenwoordig en gedien word.
Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830