fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien strafregtelike klag in teen minister van water en sanitasie oor Vaalrivier-besoedeling

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien teen die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, weens die oortreding van die Nasionale Waterwet en die Nasionale Omgewingsbestuurswet.

Die klag volg op die besoedeling van die Vaalrivier deur riool wat vanuit stukkende pompstasies die rivier binnestroom. Een van die grootste pompstasies, die Rietspruit-rioolsuiweringsaanleg is reeds twee jaar buite werking terwyl die Sebokeng-rioolsuiweringsaanleg nie die volume onverwerkte riool kan hanteer nie.

Tans vloei 150 megaliter onverwerkte riool daagliks die rivier binne wat nie net ‘n bedreiging vir mens en dier inhou nie, maar die ekosisteem ernstig benadeel.

Drie gevalle van bilharzia is onlangs by die Sebokeng-hospitaal behandel. Die vermoede bestaan dat pasiënte van die besoedelde water gedrink het.

Die departement van water en sanitasie het op 2 Februarie vanjaar die beheer van Emfuleni se rioolsuiweringaanlegte oorgeneem en is ook verantwoordelik vir die opknapping van die pompstasies om al die rioolstortings in die Vaalrivier en elders stop te sit.

Die departement het voor die oorname beloof om R1,2 miljard te bestee om die stukkende pompstasies te herstel. Sedertdien is R50 miljoen aangewend vir die herstel van die Rivier-pompstasie by die Emerald Casino, die Turbo-industriëlepark-pompstasie langs die R42 en die pompstasie oorkant die Riviera-hotel.

Intussen word septiese tenkwaens gebruik om onverwerkte riool vanaf Emfuleni na die Vaalrivier te vervoer waarna riool in die rivier gepomp word.

Die verval van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit kan nie langer geduld word nie en van die beloftes van minister Mchunu se regrukprogram het weinig gerealiseer.

Artikel 24 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op ‘n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie. Tans is dit nie die geval nie en word inwoners se gesondheid benadeel deur wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid.

Inwoners van Emfuleni het op 1 November die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan teen die ANC om die totale verval van Emfuleni te voorkom.

Navrae: 076 616 2124

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.