fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien strafregtelike klag in oor besoedeling in Ga Segonyana-munisipaliteit in Kuruman

Die VF Plus in die Noord-Kaap het vandag ‘n strafregtelike klag teen die Ga Segonyana-munisipaliteit in Kuruman ingedien weens aanhoudende rioolbesoedeling. Mnr. Theo Joubert, voorsitter van die VF Plus se Noord-Kaapse regskomitee, het die klag ingedien.

Die klag is kragtens die Waterwet ingedien nadat 'n formele skrywe aan die munisipale bestuurder geïgnoreer is. Dit volg op die ongekontroleerde storting van rou riool op verskeie plekke in die dorp.

Suid-Afrika se waterbronne is skaars en veral met die huidige vernietigende droogte kan nie bekostig word om enige water te vermors deur besoedeling nie. Wat hier gebeur is veel erger aangesien ondergrondse waterbronne ook besoedel word.

Die strafregtelike klag is ingedien om die vermorsing stop te sit en om uitbreek van cholera en ander ernstige siektes in die somer te voorkom.

Kontaknommer: 074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.