“Die VF Plus dien môre klagte van beweerde omkopery en bedrog by die Valke op Rustenburg in waarby sekere raadslede van die DA en die EFF glo betrokke is,” sê De Wet Nel, VF Plus-raadslid vir Rustenburg.
Nel sê die VF Plus is in besit van opnames en dokumente wat daarop dui dat die raadslede omkoopgeld en vakansies van diensverskaffers ontvang het deur druk te plaas op munisipale amptenare om kontrakte toe te ken en betalings aan diensverskaffers te bespoedig.
“Die beweringe is skokkend, veral omdat lede van die opposisie betrokke is. Naas die wanbestuur van ons omgewing en waterprobleme is korrupsie sekerlik die grootste bedreiging vir ons land.
“Die VF Plus sal voortgaan om dit te beveg, hetsy dit ‘n opposisieparty of die ANC is en beplan om môre alle dokumente en opnames wat ontvang is aan die Valke te oorhandig sodat ‘n volledige ondersoek gedoen kan word,” sê raadslid Nel.
Kontaknommers: 082 529 3001