Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus besoek Sebokeng-hospitaal na ouers se pleidooi

Die VF Plus het verlede Vrydag ‘n dringende besoek aan die Sebokeng-hospitaal in Emfuleni gebring nadat ‘n jongman se ouers die party genader het om ondersoek in te stel na omstandighede daar.

Die 21-jarige man wat al 35 dae in die hospitaal is, is op 10 Junie opgeneem vir ‘n klein prosedure. Die operasie is egter uitgestel waarna meer gekompliseerde sjirurgie nodig was. Om sake te vererger het hospitaalpersoneel hom na die buikoperasie voedsel gegee wat veroorsaak het dat die steke losgetrek het. Nog komplikasies het gevolg en hy het infeksie (acinetobacter haumannii) opgedoen wat veroorsaak het dat die wond nie dadelik sjirurgies geheg kon word nie.

Die VF Plus is besorg oor klagte van pasiënte oor die tekort aan medisyne, warmwater, algemene higiëne van die hospitaal en lugversorging wat buite werking.

In die huidige swak ekonomiese toestand waarin Suid-Afrika hom tans bevind, word baie mense gedwing om van staatshospitale se diens gebruik te maak.

Die Sebokeng-hospitaal is verlede jaar in die media onder die tien swakste hospitale in Gauteng geklas as gevolg van die hoeveelheid sake wat weens nalatigheid aangemeld is. Pasiënte het ook al die hospitaal vir growwe nalatigheid gedagvaar.

Die VF Plus gaan ‘n verslag saamstel en aan die Gautengse wetgewer voorlê waarna daar saam na werkbare oplossings gesoek moet word.

Dis pasiënte se grondwetlike reg om met menswaardigheid behandel te word en goeie gesondheidsorg in die provinsie se hospitale en klinieke is van uiterste belang.

Kontaknommer: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.