Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bekommerd oor veiligheid van inwoners tydens Merafong-staking

Die VF Plus is besorg oor die veiligheid van inwoners van Carletonville, Khutsong en Welverdiend gedurende die uitgebreide diensleweringstaking wat gister in dié dorpe begin het.

Die stakers wat deur die South African National Civic Organisation (SANCO) gelei word, dring aan dat die burgemeester van Merafong, Maphefo Mogale Letsie, dadelik bedank weens haar aandeel in die R50 miljoen VBS-beleggingskandaal. Die Gautengse premier, David Makhura, is ook gevra om in te tree en Letsie uit haar amp te verwyder.

Die VF Plus het reeds op verskeie platvorms sy misnoeë uitgespreek oor munisipaliteite wat geld in die VBS-bank belê het. Die party keur egter nie die staking goed nie aangesien die Merafong-munisipaliteit feitlik bankrot is en dienslewering nou op sy knieë gedwing word.

Die stakers het gisteroggend die pad vanaf Carletonville na Potchefstroom (R559) met klippe afgesper. Geen munisipale werkers is toegelaat om die Khutsong-woonbuurt te verlaat nie. Skole in Khutsong is gesluit en werkers en minibus taxi’s is ook nie toegelaat om die gebied te verlaat nie.

Volgens onbevestigde gerugte het stakers gister ook ‘n ambulans aan die brand gesteek.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op wanfunksionele munisipaliteite om hulle te dwing om wanbestuur en korrupsie uit te skakel.

 

Kontaknommer: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.