Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Metsimaholo-inwoners ly onder onverantwoordelike ANC-regering

Die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit (Sasolburg, Deneysville, Oranjeville ) oortree die Munisipale Finansiële Bestuurswet deur nie sy mediumtermynassering- en jaarverslae betyds volgens wetlike bepalings aan die raad bekend te maak nie.

‘n Raadsvergadering wat verlede week sou plaasvind is verdaag omdat daar nie ‘n kworum op dié vergadering was nie. Sedertdien is daar nie ‘n vergadering deur die Speaker, Thabo Mabasa, binne sewe dae gereël soos vereis word nie.

Die raad faal ook om 'n geskikte munisipale bestuurder aan te stel. Die hoof finansiële beampte- en alle direkteursposte is ook vakant.

Dit is onaanvaarbaar dat die Speaker en burgemeester hul wetlike verpligtinge versuim. Die munisipaliteit is in ‘n chaotiese toestand en die inwoners ly as gevolg van 'n onverantwoordelike ANC-SAKP-regering wat nie wetlike verpligtinge gehoorsaam nie.

Die Metsimaholo-raad is alreeds in 2017 ontbind weens die nie-nakoming van wetlike verpligtinge. Die munisipaliteit se bestuur verswak sedertdien.

Die VF Plus sal die nasionale minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, vra om dringend in te gryp om die toestand by die munisipaliteit te beredder.

Die VF Plus sal aanhou veg vir verantwoordelike plaaslike regerings waar dienslewering geskied en daar agting gegee word aan inwoners se regte.

Kontaknommer: 083 226 5936

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.