Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Limpopo dien klagte in by Groen Skerpioene oor onwettige stortingsterreine

Die VF Plus het klagte oor onwettige stortingsterreine by die Groen Skerpioene ingedien teen die Polokwane- en Thabazimbi-plaaslike munisipaliteite. Die party het versoek dat die probleme by die onderskeie stortingsterreine dringend aangespreek moet word aangesien dit ‘n gesondheidsgevaar vir mens en dier inhou.

In Polokwane (Pietersburg) het daar ‘n informele nedersetting net voor die stad op die pad na Mokopane (Potgietersrus) ontstaan. Die gebied word ook as ‘n onwettige stortingsterrein gebruik wat ‘n ernstige gesondheids- en omgewingsgevaar inhou vir die inwoners van omliggende gebiede. Dit skep verder ‘n swak indruk van die stad onder besoekers en voornemende beleggers. 

By die stortingsterrein in Thabazimbi word vullis by die ingang van die terrein en selfs in die pad gestort. Plaaslike abattoirs stort ook karkasse op die terrein.

Die Groen Skerpioene het drie jaar gelede met ‘n hofbevel ingegryp by dié betrokke stortingsterrein, maar die situasie het geensins verbeter nie. 

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die betrokke munisipaliteite om die onwettige storting van vullis stop te sit en oortreders vas te vat. 

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.