Die VF Plus het vandag in die portefeuljekomitee van handel en nywerheid van die Verbruikerskommissie verneem dat daar sterk stappe geneem gaan word om die probleme in die vakansieklub-industrie op te los.
Dit kom nadat die VF Plus verlede jaar klagtes by die komitee ingedien het rondom vakansieklubs en wat toe verwys is na die Verbruikerskommissie om ondersoek in te stel.
Die Verbruikerskommissie het onder meer besluit dat die volgende aspekte van die industrie na die Verbruikerstribunaal verwys moet word vir ‘n finale beslissing:
Die VF Plus is bly dat die stappe geneem is, en dat dit na afhandeling werklike regskrag sal hê. Dit sal ‘n diepgaande en billike effek hê op vakansieklub-lede wat gebuk gaan onder onbillike kontrakte en praktyke.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403