Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus beding weer korting vir bejaarde huiseienaars in Johannesburg

Pensionarisse in Johannesburg het rede om verheug te wees nadat ‘n voorstel deur die VF Plus vir verdere belastingverligting goedgekeur is.

Tydens ‘n onlangse bosberaad waar stadsraadslede die 2018/19-begroting bespreek het, is ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om die afsnypunt van 100% korting op ‘n eiendom vanaf R2 miljoen na R2.5 miljoen te verhoog. Dit geld vir pensionarisse vanaf 70 jaar en ouer. Die eiendomswaarde word volgens die nuutste munisipale waardasierol bepaal.

Hierdie voorstel is gister tydens die stad se 2018/19-begroting goedgekeur.

Die party het reeds in 2013 ‘n groot deurbraak gemaak toe ‘n voorstel die eerste keer aanvaar is om belastingkorting aan bejaardes toe te staan. Die afsnypunt was R2 miljoen en minder.

Hierdie besluit is beslis ‘n oorwinning vir dié party en bewys weer hoe die VF Plus in sy posisie as lid van die veelparty-regering in Johannesburg ‘n verskil aan die welstand van inwoners kan maak.

Pensionarisse, wat vir die korting kwalifiseer, word aangemoedig om by hul naaste munisipale kantore te gaan registreer.

 

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.