fbpx
Vryheidsfront Plus

Verteenwoordigers van die VF Plus in Mpumalanga sal nie bydra tot die ANC se solidariteitsfonds nie

Die VF Plus in Mpumalanga het sy raadslede opdrag gegee om nie 'n deel van hul salaris by te dra tot die ANC-regering se solidariteitsfonds solank as wat ras hulpverlening bepaal nie.

Munisipale raadslede in Mpumalanga is gevra om 4% van hul salaris vir die volgende drie maande te skenk as bydrae tot die fonds.

Die VF Plus handhaaf nog altyd die standpunt dat die beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ontwerp is om teen minderhede in Suid-Afrika te diskrimineer en die party se leier, dr. Pieter Groenewald, het dit reeds duidelik gemaak dat die party sulke inisiatiewe nie sal steun nie.

Die ANC het nou openlik erken dat hulp aan kleiner sake-ondernemings (KMMO’s) ingevolge hierdie diskriminerende SEB-beleid sal geskied.

Die VF Plus in Mpumalanga sal hom daarvoor beywer om mense, boere en sake-ondernemings te help wat nie voordeel trek uit rasgegronde regeringstoelaes, -hulp en voedselskenkings nie.

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.