Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Versoekskrifte kry voete by Tshwane-metro

Die VF Plus eis ʼn dringende ondersoek na die spoorlose verdwyning van vier versoekskrifte van die party wat op 29 Mei 2025 tydens ʼn raadsvergadering van die Tshwane-metroraad ingedien is.

Die party het vier versoekskrifte rakende kragonderbrekings in Wyk 55, die Hilcrest-openbare swembad, onwettige geboue in Wyk 98 en een om Centurion as rampgebied te verklaar vir die rehabilitasie van 64 sinkgate, by die raad ingedien.

Die inhandiging is duidelik op ʼn video van die die vergadering vasgevang.

Dit het egter tydens ʼn komiteevergadering van die metro se versoekskrifkomitee op 21 Augustus aan die lig gekom dat geen van die versoekskrifte aan die komitee voorgelê is nie en geen amptenaar kon verduidelik wat van dit geword het nie.

Die VF Plus het ook klagtes van inwoners ontvang oor versoekskrifte wat voor die komitee gedien het waarvoor geen terugvoering ontvang is nie.

Hierdie nalatigheid word vererger weens die speakerskantoor se gebrekkige hantering van versoekskrifte wat in stryd is met prosedurele protokolle en die Munisipale Stelselswet wat deursigtigheid en openbare deelname vereis.

Dit ondermyn nie net die geloofwaardigheid van die Tshwane-metroraad as ʼn demokratiese instelling nie, maar tas ook die regte van inwoners aan wat op hierdie meganisme staatmaak om hul besware te lug.

Die VF Plus dring aan op die onmiddellike implementering van hervormings om ʼn deursigtige en verantwoordbare versoekskrifstelsel te skep.

Dit moet insluit die digitale registrasie van elke versoekskrif met ʼn unieke verwysingsnommer en datumstempel en die outomatiese bevestiging van ontvangs aan indieners en betrokke departemente.

Die versoekskrifte moet ook formeel geskeduleer word op die agenda van die komitee met duidelike tydlyne vir die bespreking daarvan.

Die VF Plus sal nie huiwer om verdere stappe te neem oor die probleem nie, insluitend eskalering na die provinsiale wetgewer.

Die regte van raadslede en inwoners moet beskerm word om vertroue in plaaslike regering te herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.