fbpx
Vryheidsfront Plus

Verhoogde belasting en heffings gaan ekonomie nie laat herstel

(Parlementêre debat: Wetsontwerpe op belasting en belastingadministrasie)

Verhoogde belasting en heffings gaan Suid-Afrika se ekonomie nie laat herstel nie. Die tyd het ook aangebreek dat die ANC-regering besef belasting moet verdien word, nie net ingevorder word sonder teenprestasie nie.

Aksynsbelasting is ’n voorbeeld waar onbillike belasting teenproduktief vir ekonomiese groei is. Verhoging in hierdie belasting moet daarom laer as die inflasiekoers wees. Die huidige vlak is 8%.

Die onwettige handel in tabakprodukte en alkohol is op rekordhoë-vlakke en dit is te wyte aan die regering se rampregulasies verlede jaar en vroeg vanjaar. Hoë vlakke van aksynsbelasting dra grootliks hiertoe by.

Die Padongeluksfonds (Pof) is totaal bankrot en wanfunksioneel. Dit is ’n skande dat die regering die ongesonde situasie jaar na jaar laat voortduur. Die tyd het aangebreek dat weggedoen word met dié fonds en ’n haalbare alternatief in sy plek geskep word.

Die las op verbruikers soos die verhoging in brandstofheffings vir onder meer die Padongeluksfonds raak te swaar. Dit terwyl die fonds nie meer funksioneel is nie. Almal in die verbruikerswaardeketting ly daaronder.

So ook met aksynsbelasting waar dit nie net die vervaardigers van onder meer tabakprodukte en alkohol is wat die druk ervaar nie. Die kousale gevolg van hierdie belasting is dat honderd duisende werksgeleenthede in die totale waardeketting bedreig word.

Terwyl vermorsing, bedrog en korrupsie hoogty vier, kan belastingbetalers nie verkwalik word indien hulle weerstandig raak om belasting te betaal nie. ’n Regering moet belasting verdien. Daar moet ’n teenprestasie wees.

Pogings om staatsinkomste deur tegniese wysigings te verhoog, gaan nie help nie. Dit bly steeds belasting terwyl die publiek sukkel met swak paaie en toenemende tekorte aan water en krag.

Belastingverligting sal gegee moet word aan individue en sake-ondernemings om op die lange duur die ekonomie te stimuleer. Dit moet die maatstaf wees. Nie buitensporige korttermynverhogings in belasting en heffings net om ANC-kaders se sakke te vul nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.