Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verdrinkings: VF Plus maan vakansiegangers tot versigtigheid in feesseisoen

Die verdrinkings in die Ray Nkonyeni-plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal (Hibberdene, Margate, Port Edward, Port Shepstone, Southbroom) die afgelope naweek is ‘n voortydige waarskuwing aan vakansiegangers om die see te respekteer.

Mense moet ingelig wees oor getyveranderings en stroom- en ander gevare wanneer hulle swem.

Luidens plaaslike mediaberigte was daar reeds twee noodlottige voorvalle waar baaiers by onderskeidelik Palm Beach en Shelly Beach verdrink het.

Die Lente-hooggety veroorsaak onvoorspelbare sleurstrome op verskillende plekke langs die KwaZulu-Natalse Suidkuslyn soos by die meeste gewilde strande in die land.

Die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) beveel aan dat baaiers seker maak dat hulle slegs strande besoek waar daar menseredders aan diens is.

Belangrike noodnommers om byderhand te hou is: (NSRI) 112 of 087 094 9774

Die party betuig sy medelye met die naasbestaandes van die oorledenes.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.