Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes wat ’n vrou van Vaalwater op 23 Augustus vanjaar op haar familieplaas in die Modimolle Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Roedtan, Vaalwater, Alma) aangeval en met ’n koevoet aangerand het.
Me. Janet Prinsloo is die eienaar van die Biltong Go Back-winkel op die R33 tussen Vaalwater en Ellisras.
Luidens ʼn berig in plaaslike media moes Prinsloo haar aanvallers onlangs tydens ’n uitkenningsparade identifiseer.
Die party doen opnuut ’n beroep op gemeenskappe in Limpopo om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidsstrukture.