fbpx
Vryheidsfront Plus

Veiligheid word misbruik om nuwe politieke elite in weelde te laat leef

Die department van openbare werke is soos ‘n pasiënt in die waakeenheid van ‘n hospitaal terwyl die ‘dokter’, in hierdie geval die land se staatshoof, ook ‘n siekte onderlede het wat ‘Nkandla-siekte’ genoem word, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor openbare werke.

Dr. Groenewald het gesê die voorbeeld van die moord op Chris Hani om te motiveer waarom veiligheid by ampswonings opgegradeer moet word, is ‘n ongelukkige een aangesien die opknappings oor luuksheid gaan en nie oor veiligheid nie.

“Dit is 2014, nie 1992 nie. U kan op Google Earth presies gaan kyk waar ‘n minister of ‘n adjunkminister woon. Dit is nie nodig om rond te gaan en vrae hieroor te vra nie.

“Openbare werke misbruik veiligheid om geld te mors by die wonings van ministers en adjunkministers waar die opknappings gaan oor luuksheid, en nie oor veiligheid nie.

“‘n Voorbeeld is die vorige adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder. Dr. Mulder het 5 jaar lank in die parlementêre dorp Akasiapark gewoon sonder groot luukshede.

“Hy het niks oorgekom nie. Die gebied word gekontroleer en opgepas deur die polisie. Hoekom moet daar nog ‘n afsonderlike woonplek vir die ministers en hul adjunkte wees? Hulle is ook net lede van die parlement.

“Dit is onregverdig dat die belastingbetaler miljoene moet betaal om aan hierdie mense ‘n onnodig luukse leefstyl te gee. Dit is ook die probleem by Nkandla. Veiligheid word in die geval misbruik om ‘n nuwe swart elite te verryk,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.