fbpx
Vryheidsfront Plus

Valke sê sy ondersoek na die Fifa-skandaal gaan na twee jaar steeds voort

Die Valke se ondersoek na Suid-Afrika se betrokkenheid by die Fifa-sokkerbedrogspul wat reeds vroeg in 2015 begin het, en in besonder rakende die aanbieding van die 2010-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, gaan steeds voort.

‘n Woordvoerder van die Valke het op navraag aan adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, gesê die Valke wag steeds op inligting van hul ‘eweknieë’ in die ondersoek.

Adv. Alberts sê dit is duidelik met verwysing na die Amerikaanse FBI wat destyds erken het dat hy help met die ondersoek.

Amerika se pers-attaché in Suid-Afrika, me. Cynthia Harvey, het op navraag aan die VF Plus gesê dié ondersoek geniet aandag ‘op die hoogste vlak’ in Amerika.

Die VF Plus het in 2015 ‘n klag by die Valke ingedien nadat Amerika se prokureur-generaal ‘n verdoemende klagstaat oor die bedrog wat Suid-Afrikaners betrek het, uitgereik het.

Die VF Plus het in die besonder gevra dat ondersoek gedoen moet word na die bewering dat Danny Jordaan, hoof van die Suid-Afrikaanse sokkerfederasie (Safa) en toé die nuut verkose burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, ‘n onregmatige betaling gemagtig het om na bewering seker te maak die toernooi word in Suid-Afrika aangebied.

Die rol van die voormalige Safa-baas Molefi Oliphant, wat glo ‘n brief geskryf het om aan te beveel dat die geld bestuur moes word deur die voormalige Fifa-grootbaas Jack Warner, vorm deel van die klag.

Adv. Alberts sê die VF Plus sal in ‘n brief navraag by die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika doen oor die vordering van die ondersoek.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.