fbpx
Vryheidsfront Plus

Valke moet bewerings van korrupsie teen Supra Mahumapelo se eggenote, Kule Mahumapelo dringend ondersoek

Die Valke moet ondersoek instel na bewerings oor ongerymdhede rondom bykans ‘n miljard rand in die persoonlike bankrekening van mev. Kule Mahumapelo, eggenote van mnr. Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, asook die wyse waarop dit bekom is.

Bewerings is onlangs op sosiale media gemaak oor hoe mev. Mahumapelo glo sekere sake-ondernemings gebruik het om geld wat op ‘n korrupte wyse bekom is, te was.

Die VF Plus het die Valke versoek om spoedig op te tree om die bewerings te ondersoek en indien nodig ‘n hofbevel te kry om mev. Mahumapelo se bates te vries terwyl die ondersoek aan die gang is.

Kontaknommers: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.