fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-gewoonte om wette te verontagsaam – Matlosana

In terme van die Munisipale Finansiële Bestuurswet is elke munisipaliteit verplig om sy begroting jaarliks ter tafel te lê teen einde Maart en is dit die burgemeester se verantwoordelikheid om toe te sien dat die wet nagekom word rakende begrotings.

Raadslid Maetu Kgaile, burgemeester van Matlosana, wat bestaan uit Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein, het nie haar wetlike verpligting nagekom deur so ‘n begroting ter tafel te lê voor die Matlosana-raad nie.

Skaars ‘n dag nadat die VF Plus ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester van die ANC-beheerde raad gesteun het deur te onderstreep dat dissipline in die raad en by raadslede moet begin, faal die ANC-beheerde raad en die burgemeester self die inwoners van Matlosana deur die blatante verontagsaming van wetlike bepalings.

Dit wil voorkom asof die burgemeester asook die ANC wette slegs as riglyne sien. Die VF Plus het juis die mosie van wantroue teen die burgemeester ondersteun weens die konstante verontagsaming van wetgewing, swak bestuur asook die swak verantwoording teenoor die gemeenskap.

Die VF Plus is van oordeel dat die huidige burgemeester die swakste burgemeester is wat Matlosana nog gehad het. Dit is kommerwekkend in ag genome die Ouditeur Generaal (OG) se verdoemende verslag met betrekking tot die Matlosana-munisipaliteit.

Die VF Plus het ‘n skrywe aan die speaker gerig waarin gevra word dat die verontagsaming verduidelik moet word en eis voorts daadwerklike optrede om die betrokke wet na te kom in hierdie verband. Die VF Plus het verder ook klagtes ingedien teen die burgemeester weens die bevindinge in die jaarverslag.

Kontaknommers: 082 645 0537 / 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.