fbpx
Vryheidsfront Plus

Vakbond mag inwoners nie gyselaar hou nie

Die staking van die Munisipale Werkersunie (Samwu) die afgelope twee maande in die Matjabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom), dien as bewys dat vakbonde se magte ingeperk moet word.

Dit moet gedoen word om te voorkom dat inwoners gyselaar gehou word deur hul optrede.

Die munisipaliteit se burgemeester, David Kalipha, se aankondiging gister tydens ʼn raadsvergadering dat die munisipaliteit nou streng gaan optree teen die stakende werkers, is te min te laat.

Daar moes van die begin van die staking ferm teen die stakers opgetree gewees het.

Eers nadat die onwettige optrede van die werkers inwoners se veiligheid in gedrang gebring het, word daar skielik opgetree.

Stakende werkers het Maandag brande voor die munisipale kantoor gestig en eiendom met klippe bestook.

Stakende werkers het inwoners ook gedreig wat klippe uit paaie wou verwyder.

Die week se geweld volg op ‘n raadsbesluit van die ANC verlede Woensdag dat indien stakende werkers onmiddellik terugkeer werk toe, hulle ‘n voorskot vir hul Februarie-salarisse sal ontvang. Dit sal egter oor ‘n tydperk van drie maande terugbetaal moet word.

Die VF Plus het teen dié besluit gestem. Volgens die party is die munisipaliteit onder geen verpligting om met Samwu oor die aangeleentheid te onderhandel nie.

Dit was vir die regerende ANC egter belangriker om stakende munisipale werkers se regte te beskerm as dié van inwoners.

Die ANC is verantwoordelik vir die kultuur van gewelddadige stakings deur dit ongestraf toe te laat.

Die VF Plus het ook die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Maqueen Mathae, versoek om dringend te reël dat die openbare ordepolisie na Welkom ontplooi word om die gewelddadige stakers te stuit.

Onder die ANC is Matjhabeng, soos die res van die Vrystaat, afgebreek en vernietig. Daarom is dit belangrik dat die ANC op 29 Mei 2024 uit die provinsiale- en nasionale regering verwyder word.

Sonder die ANC kan ons herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.