fbpx
Vryheidsfront Plus

UV-taalbeleid appèl gehandhaaf: Donker dag vir Afrikaans en veeltaligheid

Dit is met spyt dat die VF Plus verneem het dat die Appèlhof in Bloemfontein die Universiteit van die Vrystaat se appèl op grond van die implementering van sy voorgenome taalbeleid van slegs Engels as onderrigtaal gehandhaaf het.

Mnr. Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaat, het na die uitspraak gesê dat dit belangrik is om kennis te neem van die feit dat ‘n volbank regters reeds in Julie vanjaar beslis het dat die oorskakeling van die huidige taalbeleid na ‘n enkelmedium-onderrigtaal van Engels tot nadeel van nie net Afrikaanse studente nie, maar veeltaligheid as ‘n geheel sal wees.

Hy is van mening dat ‘n taalbeleid wat slegs Engels as onderrigtaal met sogenaamde tutoriale in Afrikaans en Sesotho behels, nie bevorderlik is vir veeltaligheid nie omdat die voertaal en ontwikkelingsaspek van ander inheemse tale verlore sal gaan.

Volgens Wessels is die UV se nuwe taalbeleid dus strydig met die gees en strekking van die Grondwet wat veeltaligheid betref.

Dit is onaanvaarbaar dat studente se reg tot onderrig in die taal of tale van hul keuse ingevolge artikel 29 van die Grondwet geskend word om sogenaamde transformasie te bewerkstellig. Transformasie kan nie gesien word as die wegvat van tale as onderrigmedia nie, maar moet eerder die byvoeging en uitbouing van alle inheemse tale behels.

 

Kontaknommers: 072 997 8315 / 051 407 1104

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.