fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC nie ernstig oor dienslewering in Tlokwe

Na die verkiesing in Augustus vanjaar is die nuwe saamgestelde Tlokwe- en Ventersdorp-munisipaliteit steeds nie behoorlik in werking nie. Die belangrike portefeuljekomitees, wie se taak dit is om te sorg dat dienslewering plaasvind ten gunste van die gemeenskap en aanbevelings te maak aan die raad, is steeds nie saamgestel nie. Dit, ten spyte daarvan dat die burgemeesterskomitee-lede en die MPAC-voorsitter, wat voltydse raadslede is, reeds aangewys is en salarisse as voltydse raadslede ontvang. Die Tlokwe-Ventersdorp-munisipaliteit is die enigste munisipaliteit binne Noordwes wat nog geen komitees saamgestel het nie.

“Dit is net billik en regverdig teenoor die belastingbetalers dat hierdie voltydse raadslede ‘n deel van hul salarisse moet terugbetaal. Hulle is slegs geregtig op ‘n deeltydse raadslid se salaris, aangesien hulle nie hulle voltydse take kan verrig sonder die samestelling van komitees nie. Hulle ontvang dus vergoeding vir dienste wat hulle nie lewer nie,” sê mnr. Fanie Du Toit, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Tlokwe-Ventersdorp-munisipaliteit.

“As die ANC werklik ernstig was oor dienslewering in die nuwe saamgestelde munisipaliteit van Tlokwe en Ventersdorp sou die burgemeester gesorg het dat die portefeuljekomitees saamgestel word sodat daar geen vertraging is met besluite wat geneem moet word rakende dienslewering vir die gemeenskap nie.

“Die VF Plus sal die saak opneem met die LUR van Plaaslike regering van die Noordwes Provinsie,” het Du Toit bygevoeg.

 

Mnr. Fanie Du Toit: 079 885 1135

Alternatiewe kontak:

Mnr. Michal Groenewald: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.