Met die naderende feesseisoen is dit belangrik vir motoriste om deurgaans versigtig en waaksaam te wees, sê mnr. Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir Mogale City.
“Tradisioneel verhoog ongeluksyfers gedurende die feesseisoen en daarom is owerhede bekommerd oor motoriste se ongehoorsaamheid teenoor die padwet.
“Die Krugersdorpse-verkeersowerhede gaan nou ‘n kritieke tyd binne om wet en orde in die dorp te handhaaf en vra die samewerking van elke motorbestuurder. Wees asseblief bedagsaam en moenie padreëls verontagsaam nie,” het rdl. Steenkamp gemaan.
Hy het ‘n paar belangrike reëls:
Verkeersowerhede gaan nie enige wetteloosheid oorsien nie. “Moedig u vriende en familie aan om die padreëls te gehoorsaam,” sê rdl. Steenkamp.
Rdl. Tjaart Steenkamp
Tel: 082 806 7891