fbpx
Vryheidsfront Plus

Moet dit nie moeiliker maak vir fluitjieblasers nie

Korrupsie en bedrog in Suid-Afrika het hand uit geruk en dit is verkeerd om fluitjieblasers deur wetgewing selfs verder af te skrik om na vore te kom, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die parlementêre debat oor die wetsontwerp oor die rol van fluitjieblasers gesê benewens die omvang van bedrog en korrupsie is werkloosheid tans die hoogste in 13 jaar op 27.1%.

“Dit is van die grootste belang dat mense aangemoedig moet word om na vore te kom om bedrog en korrupsie oop te vlek.

“Dit is daarom verkeerd om ‘n bepaling in ‘n wet te plaas wat mense aan die een kant nooi om na vore te kom met inligting, maar dan ‘n swaard van twee jaar tronkstraf oor hul koppe te plaas. Dit kan nie gedoen word nie.

“Neem staatskaping as ‘n voorbeeld. Die ANC het sy eie, interne ondersoek hieroor gehad. Net ‘n paar mense was bereid om na vore te kom uit vrees vir viktimisering. Die Openbare Beskermer (OB) het ‘n ander benadering gevolg met totaal ander resultate.

“Die realiteit is dat fluitjieblasers reeds onder enorme druk is om eerder te swyg. Hulle behoort aangemoedig te word, en nie gedreig te word nie.

“In Suid-Afrika se regstelsel is voldoende ander maatreëls om op te tree teen mense wat met vals inligting na vore kom soos dissiplinêre aksies en lastereise. Die VF Plus sal die wetsontwerp daarom nie steun nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.