Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Langtermyn energieplan word verwelkom

Die VF Plus verwelkom die aankondiging dat die bou van ‘n verdere kernkragsentrale op die lange duur geskuif is luidens die pas aangekondigde geïntegreerde energieplan, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê die besluit getuig van die realiteit dat Suid-Afrika eenvoudig nie die fondse het om so ‘n luukse te kan bekostig nie en daar sal selfs in die toekoms steeds oorweeg word of ons wel die geld het om kernaanlegte te kan bou.

Hy sê die VF Plus verwelkom ook die voorstel dat ‘n bykomende 37 400 megawatt verkry sal word van wind, 17 600 megawatt van sonaanlegte en 35 292 megawatt van gas.

“Die feit dat daar langtermyn-beplanning gedoen word en hierdie vooruitskattings bepaal is vir 2050, dui daarop dat die regering sy les geleer het met die beurtkrag wat Suid-Afrika moes verduur nadat Eskom in 1998 ‘n plan op die tafel gelê het vir 2007 en die destydse adjunk-president Thabo Mbeki dit van die tafel afgevee het.

“Dit bewys dat as daar behoorlik beplanning gedoen word, daar genoeg krag gelewer kan word om die ekonomie te help groei. ‘n Verdere verblydende aspek is die groter klem wat gelê word op hernieubare energiebronne soos wind en son,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.