Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Magareng-munisipaliteit wil keer dat inwoners self slaggate herstel

Die slaggate in paaie in Warrenton in die Noord-Kaapse Magareng-munisipaliteit is so groot dat 'n voertuig halflyf daarin kan staan, maar 'n inwoner is onlangs weerhou om self daaraan te werk, sê dr. Wynand Boshoff, leier van die VF Plus in die Noord-Kaap.

Volgens dr. Boshoff, het mnr. Gert van Heerden, inwoner van Warrenton en VF Plus-kandidaat in die afgelope plaaslike verkiesing, aan hom vertel dat hy weens die slaggate daagliks 'n groot ompad moet ry om sy voertuig te beskerm.

“Hy het reeds verskeie kere die slaggate op eie koste met sand opgevul. Vir een slaggat neem dit tot vyf vragte met sy halftonbakkie, maar een goeie reënbui maak die werk ongedaan. Intussen is die gruis en asfalt vir die herstel van die dorp se paaie reeds meer as 'n jaar gelede by die munisipale werf afgelaai.

“Mnr. Van Heerden het met sy wyksraadslid hieroor gekonsulteer en hy (Van Heerden) het aangebied om op eie koste en met eie arbeid die slaggate met munisipale gruis op te vul.

“Die versoek is geweier en die amptenaar het mnr. van Heerden selfs met inhegtenisneming gedreig indien hy sou voortgaan om op sy eie die paaie te herstel.

"Die VF Plus sê die situasie is totaal onaanvaarbaar. Die munisipaliteit versuim om sy werk te doen om paaie te herstel, en dreig nou inwoners wat bloot wil help deur dit self te doen.

“Ons sal die munisipaliteit skriftelik vra om hierop te antwoord, en om te verduidelik waarom die nodige herstel- en instandhoudingswerk nie gedoen word nie,” sê dr. Boshoff.

 

Dr. Wynand Boshoff

074-166-5540

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.