Die skietvoorval en onmin tussen faksies in die ANC gister by die Pretoria-skouterrein waartydens die ANC hul Tshwane burgemeesterskandidaat sou aankondig, dui duidelik daarop dat die ANC se wiele begin afval, sê Adv Anton Alberts, VF Plus leier Gauteng.
Adv Alberts is ook van mening dat alle feite daarop dui dat die dienende burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, hom nie so goed van sy taak in die afgelope termyn gekwyt het nie en hy dus nie die aangewese burgemeesterskandidaat is om die stad vorentoe te lei nie.
Die VF Plus daarenteen is van mening dat hulle, in koalisie met ander partye, beter beheer oor die Tshwane metro kan uitoefen en ‘n sukses daarvan kan maak.
Adv Alberts het dit egter weereens beklemtoon dat die VF Plus geensins ‘n koalisie saam met die EFF oorweeg nie.
082 391 3117