fbpx
Vryheidsfront Plus

Tweede ontploffing by Rheinmetall Denel-springstofaanleg in drie jaar wys dit raak te onveilig vir voortgesette produksie

Die tweede ontploffing by die Rheinmetall Denel-springstofaanleg by Macassar naby Kaapstad in drie jaar laat kommerwekkende vrae ontstaan oor die operasionele veiligheid en die voortsetting van produksie by dié aanleg voordat alle vrae rondom die ontploffings deeglik ondersoek is.

Die probleem hiermee is egter dat die ondersoek na die vorige ontploffing in September 2018 nog nie eens afgehandel is nie.

Agt mense is in die 2018-ontploffing dood en dit is onaanvaarbaar dat daar toe voortgegaan is met produksie en menselewens sodoende op die spel geplaas is voordat antwoorde oor die ontploffing gevind is. Die jongste ontrploffing dien as bewys hiervan.

In hierdie stadium blyk dit nie of daar enige lewensverlies was met die ontploffing gisteraand kort voor middernag nie en die VF Plus is bly daaroor.

Die tyd het aangebreek dat Denel oop kaarte speel oor die veiligheid by dié aanleg. Die probleme wat daar bestaan is nie ‘n kruitvat wat wag om te ontplof nie, dit het nou reeds twee keer gebeur.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus en self ‘n kundige op die gebied van die vervaardiging en berging van springstof, sê waar met springstof gewerk word, is daar streng veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word ingevolge die Wet op Plofbare Stowwe.

Indien daar nougeset by die voorskriftelike lisensies ingevolge die wet gehou word, soos oor die hoeveelheid plofstof by ‘n bepaalde punt, is die moontlikheid van ‘n ongeluk soos dié by Macassar en die groot waarskynlikheid van lewensverlies wat daarmee gepaard gaan, uiters skraal.

Daar kan om hierdie redes wel geldige vrae aan Denel gevra word oor die redes vir ontploffing. Die vrae sluit in die opleiding van personeel en of die voorskrifte vir die berging nagekom is.

Hierdie vrae kan nie weer vir langer as drie jaar onbeantwoord bly nie.

By ander instellings is daar nie werklik direkte lewensgevaar wanneer ‘n agteruitgang in operasionele kundigheid of instandhouding plaasvind nie. Waar plofstof ter sprake is, is die gevolge gewoonlik dodelik.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.