fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

2021-Plaaslike regeringsverkiesing: Groei van 242% bevestig VF Plus as een van die Groot Vyf op Suid-Afrika se politieke landskap

Die uitslag van die 2021-plaaslike regeringsverkiesing en die VF Plus se fenomenale groei van 242% bevestig die party nou onteenseglik as een van die Groot Vyf rolspelers op die Suid-Afrikaanse politieke landskap.

Die uitslag is nie net ‘n reuse oorwinning vir die VF Plus nie, maar ook vir minderhede van regoor Suid-Afrika wat ‘n tuiste gevind het in die party wat oor die laaste jare van krag tot krag gegaan het.

Een van die enkele groot redes hiervoor is dat die party by herhaling gewys het dat hy bogemiddeld presteer het met die beperkte steun wat hy wel gehad het en dat hy standvastig op pad is om ‘n beter Suid-Afrika vir al die land se inwoners te help skep. Dit het wyd vertroue ingeboesem.

Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika. Die metro’s is:

Nelson Mandelabaai (Oos-Kaap)
Buffalo City (Oos-Kaap)
Kaapstad (Wes-Kaap)
Tshwane (Gauteng)
Ekurhuleni (Gauteng)
Johannesburg (Gauteng)
Mangaung (Vrystaat)
eThekwini (KwaZulu-Natal)

Die party het veral geweldige groei in Tshwane (Pretoria) beleef met 'n toename van 325% in die aantal raadslede.

Die party het ook agt wyke verower.

Die VF Plus is die koningmaker in baie rade waar geen enkele party 'n meerderheid op homself verenig het nie. Die groot aantal rade waar koalisieregerings gaan geld, bewys die VF Plus se standpunt dat veelpartyregerings die toekoms van Suid-Afrika is, as reg.

Die VF Plus wil sy opregte waardering uitspreek teenoor al sy ondersteuners wat gaan stem het en opgestaan het vir beter dienslewering.

Hulle het daarmee die reg vir hulself voorbehou om aktiewe deelnemers te wees in die stryd en strewe om Suid-Afrika weer ‘n ware tuiste vir al sy inwoners te maak en die verval in die land stop te sit.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.