Die VF Plus glo, in reaksie op die debat in die Tshwane-metroraad rakende die begroting vir die 2016/17 finansiële jaar, dat die begroting nie genoegsaam gaan wees om die plaaslike ekonomie te bevorder nie. Die meestal dubbel-syfer verhogings in tariewe sal inwoners verder onder druk plaas, sê rdl. Awie Erasmus, VF Plus-raadslid in Tshwane.
Rdl. Erasmus, wat ook die VF Plus se finansiële woordvoerder in Tshwane is, het aan die begrotingsdebat deelgeneem en volgens hom gaan die verhoging in tariewe dit net nog moeiliker vir inwoners maak om kop bo water te hou.
“Die Stad van Tshwane is besig om die inwoners na ‘n ekonomiese breekpunt te neem waar tariewe so hoog gaan wees dat inwoners nie sal kan betaal, al sou hulle wil.
Die verhoogde tariewe is as volg:
Vullis : 10%
Eiendomsbelasting : 10%
Water : 12%
Elektisiteit : 9.5%
Sanitasie : 12%
Rdl. Erasmus het verder die volgende opmerkings gemaak:
Volgens die VF Plus is die verhoogde tariewe nie volhoubaar nie en sal die verhoging ‘n negatiewe effek op die ekonomie hê.
Awie Erasmus
Tel: 072 815 4053