fbpx
Vryheidsfront Plus

Onwettige vullisstorting in Stephanopark, Emfuleni

Inwoners van Emfuleni is nie net moedeloos en keelvol nie maar het ook oorlog verklaar teen die onwettige vullisstorting op die Potchefstroompad in Stephano Park, Emfuleni, sê Bryanette Havenga, VF Plus-verkiesingskandidaat in Wyk 7, Emfuleni.

Sy meen die party se pleidooi en oproepe om hulp val op dowe ore en daar word absoluut niks aan die situasie gedoen nie. Havenga het ‘n man op heterdaad betrap waar hy besig was om sy vullis langs die pad af te laai. Toe sy ‘n foto van hom wou neem, is sy gedreig. Dit blyk ook dat mense van ver ry om hul gemors hier te sort.

“Dié onwettige vullishoop is nie net ‘n steen des aanstoots nie, maar lok ongewenste elemente, rotte en ander peste en is ‘n gesondheidsrisiko. Die vullishoop word met tye bloot aan die brand gesteek wat ongemak vir mense wat daar naby woon veroorsaak. Inwoners se geduld met Emfuleni-munisipaliteit is gedaan en hulle dring aan op dringende antwoorde en daadwerklike optrede.

“Dit is ook ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld dat Emfuleni-munisipaliteit kontrakteurs moet betaal om die vullis te verwyder. Hierdie geld kan gespaar word as beter beheer toegepas word. Groot kennisgewings moet aangebring word om inwoners na die amptelike stortterrein te verwys.”

Havenga doen namens die VF Plus en die inwoners ‘n dringende beroep op Emfuleni om hul verantwoordelikheid na te kom en inwoners in die saak te ondersteun. Inwoners is meer as bereid om saam met te werk om oplossings te vind.

 

Bryanette Havenga

071 313 7368

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.