fbpx
Vryheidsfront Plus

Belastingbetalers ruk op na munisipale kantore

Senior personeel van die Mogale City Tesourie in Krugersdorp moes Dinsdagmiddag inderhaas werkstasies beman om ‘n groot groep belastingbetalers se foutiewe rekeninge te help regstel.

Rdl. Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City, was daar toe mnr. Leon Janse van Rensburg, organiseerder van die Mogale-belastingbetalersgroep, saam met ‘n groep inwoners by die munisipale kantore opdaag en daarop aangedring het dat daar aandag aan hul foutiewe rekeninge gegee moet word.

“Die VF Plus werk nou saam met die Mogale-belastingbetalers en het groot simpatie vir hul probleme. Daar is mense wat reeds sedert 2009 die sentrum gereeld besoek en vir ‘n oplossing vra.”

“Een so ‘n persoon was vir twee maande in Mosambiek en met haar terugkeer het sy ‘n rekening van etlike duisende rande ontvang ten spyte van die feit dat niemand tuis was nie. Sy het al so ver gegaan om die Openbare Beskermer te vra om dié saak en ander te ondersoek. Intussen word hoë rente en ander kostes by die rekening gevoeg wat dit feitlik onmoontlik maak om te hanteer.”

So is daar tientalle mense in die dorp wat regtig probleme ondervind maar nie na behore opgelos word nie. Nie een van die belastingbetalers waarmee die VF Plus gepraat het was onwillig om hul rekeninge te betaal nie, maar het daarop aangedring dat dit regverdig bereken word.”

“Die VF Plus sal aanhou om mense te ondersteun wat wettige probleme het en ons sal die Tesourie gedurig herinner om probleem-rekeninge na behore uit te sorteer,” het De Lange gesê.

Sy het ook belastingbetalers met probleme aangemoedig om mnr. Janse van Rensburg op facebook te volg en deel te neem aan gesamentlike aksies.

“Baie van die probleme wat ontstaan is weens Mogale City se twee-rekeningsisteem.

Die nuutste sisteem sal waarskynlik eers aan die einde van Junie ten volle in werking gestel word. Behalwe dat dit belastingbetalers baie duur kos om alles in stand te hou, raak huisbewoners erg omgekrap oor onopgeloste foute.”

 

Kontaknommers: 071 604 9498

 

 

Christel Liebenberg

PA/Sekretaresse: Vryheidsfront Plus/Freedom Front Plus

Gauteng Wetgewer/Legislature

Tel: (011) 498 5477

Faks: (011) – 498 5629

e-pos/e-mail: cliebenberg@gpl.gov.za / christel@vfplus.org.za

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.