Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metroraad verbind hom tot onbekende ontwikkelingsuitgawes

Die VF Plus het tydens ‘n raadsvergadering van die Tshwane-metro teen vier items op die sakelys beswaar aangeteken waar aparte volmagbriewe vir grondgebruikaansoeke in Refilwe, Zandfontein, Kameeldrift en Atteridgeville Uitbreiding 19 goedgekeur is.

Die verslae oor al vier dié items, vir die formalisering van bestaande informele nedersettings, stel dit dat die uitreiking van die volmagbriewe geen negatiewe finansiële implikasies vir die metro sal hê nie.

Hierdie stelling is tegnies misleidend aangesien só ‘n volmag ‘n ketting van verpligtinge ontsluit wat die metro honderde miljoene rand kan kos.

Die vier items sal daartoe lei dat daar gesamentlik meer as 1 500 nuwe residensiële standplase goedgekeur word terwyl daar geen aanduiding gegee is van wat die infrastruktuurkoste sal beloop nie.

Dit is ‘n direkte skending van artikel 19 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA), wat bepaal dat ‘n munisipaliteit nie met ‘n kapitaalprojek mag begin sonder dat die geld daarvoor begroot is nie.

Van die VF Plus se besware was onder meer:

• 17 hektaar grond in Zandfontein is tans gesoneer as nywerheidsgebied en geen melding is gemaak van ‘n verpligte omgewingsinpakstudie vir hersonering nie.
• In Kameeldrift het die stad in April 2024 R3 miljoen bestee aan ‘n eiendom, maar in die verslag is geen melding hiervan nie.
• Nege jaar nadat infrastruktuur vir dorpsontwikkeling in 2017 in Atteridgeville Uitbreiding 19 aangelê is, is die buurt steeds nie geproklameer nie, het die kontrak met die diensverskaffers verval en word ‘n volmag aan die Gautengse provinsiale regering gegee sonder ‘n formele inter-owerheidsraamwerk wat voor die raad gedien het.

Kiesers sal op 4 November 2026 die geleentheid kry om vir die VF Plus te stem vir ‘n regering wat nie blanko tjeks uitreik oor informele nedersettings

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.